Mari van der Walt, Skilder * Mari van der Walt, Painter

Sitemap • Werfkaart • Home/TuisUp/OpSkilderyeGaleryGebeureMeer oor MariResepteNavraeKontak •

Updated: June 28, 2008 ** Opgedateer: 28 Junie 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 

 

 

 

Mari se gunsteling resepte

Skilder Mari van der Walt: Spyskaart

Mari geniet dit om etes vir haar gesin voor te berei en sien dit net as een groot lekkerte om hulle so te versorg. Sy geniet die samesyn en al die geselsery so om die etenstafel.

Hier is 'n paar van haar gunsteling resepte.

Resepte:

Mari hou baie van vleise en groentes en sekere vrugte. Sy hou byvoorbeeld van vleis met 'n "byt".

Skaapskenkels met kerrie, aartappels en soet patattas

Bestanddele:

  1. 1 kg skaapskenkels
  2. 2 gekapte uie
  3. 1 teelepel knoffel
  4. 1 eetlepel kerrie (+na smaak)
  5. vrugte Blatjang (chutney) (na smaak)
  6. 8 groot aartappels (geskil)
  7. 8 patats (geskil)
  8. 100 ml room
  9. 'n Halwe blik stroop (200 tot 250 ml stroop)
  10. sout en speserye (na smaak)

Metode:

  1. Stoom eers die skenkels tot lekker sag (in nie te veel water nie, want dit moet lekker droog kook. As jy die water afgooi, gooi jy van die lekker vetjies en sousies weg.)
  2. Stoom die aartappels saam met die vleis.
  3. Gooi dan 'n eetlepel olie in die pot, sny 2 uie in en roerbraai tot die uie half gaar is. Voeg dan blatjang, kerrie, sout, speserye en knoffel (na smaak) by.
  4. Roer tot die vleis lekker taai begin raak.
  5. Dan gooi jy die room by, net om 'n ligte sousie te maak.
  6. Met die patattas moet jy lekker stroop ingooi terwyl dit kook (nie te veel water nie). Gooi ten minste 'n halwe blik stroop in die pot terwyl dit kook. Dit maak die patats so half bruin en lekker soet. As dit gaar is, sit bietjie botter by en braai vir so rukkie, totdat dit so lekker taai stroop maak.

Werfkaart
Terug na bo

Vinnige Karringmelkbeskuit

Bestanddele:

  1. 2 kg bruismeel
  2. 500 g botter
  3. 6 eiers
  4. 2 koppies suiker (of soos na smaak)
  5. 1 liter karringmelk of joghurt, dit werk net so lekker
  6. 2 teelepels kremetart

Metode:

  1. Oond moet vooraf verhit wees op 190 °C.
  2. Smelt botter.
  3. Voeg alle ander bostaande bestanddele saam in bak. Voeg gesmelte botter by die droλ bestanddele. Meng dan alles mooi saam.
  4. Mens kan die deeg in bolletjies rol na wense of 'n plat bak gebruik en die deeg plat werk in die binnekant. Dan kan jy die beskuit na die tyd sny na wense.
  5. Bak beskuit tot mooi bruin bo en haal dan uit die oond.
  6. Baktyd is ongeveer 30 tot 45 minute.
  7. Sny of breek versigtig los van mekaar as die beskuit effens afgekoel is
  8. Droog uit in lou oond.

Werfkaart
Terug na bo

Geurige Spaghetti-gereg

Skilder Mari van der Walt: Groente

Bestanddele:

  1. 1 pakkie spaghetti
  2. 1 groot ui
  3. 1 groot kop blomkool (+/- 500 mg)
  4. 2 pakkies ontbytspek (bacon) of hoender, klaar ontbeen
  5. 1 pakkie sampioene
  6. 200 ml room

Metode:

  1. Kook die spaghetti tot gaar, dreineer en plaas eenkant in bak.
  2. Braai die uie en sampioene tot mooi bruin en voeg dan die spek of hoender by.
  3. Roer saam met die 200 ml room.
  4. Kook die blomkool vir 10 minute en dreineer.
  5. Voeg eers die blomkool by die spaghetti, voeg dan ook die vleismengsel by en roer deur.

Nota: Dis voorwaar 'n lekker en GEURIGE gereg!

Werfkaart
Terug na bo

 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Skilderye
Galery
Gebeure
Meer oor Mari
Resepte
Navrae
Kontak

Sitemap • Werfkaart • Home/TuisUp/OpSkilderyeGaleryGebeureMeer oor MariResepteNavraeKontak •

ADSA Advertensie-Diens * ADSA Advertisement Service

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

Free Ads
Gratis Advertensies

 ARK Web Design © 2008
ARK Webontwerp © 2008

ADSA Bybels vir Aflaai, engel met harp / ADSA Download Bibles, angel with harp


Bybel vir Aflaai

Download Bible