|
Skilderye deur die kunstenaar Mari van
der Walt
Mari van der Walt doen graag skilderwerk op
lap. Die helder en vrolike kleure van haar produkte onderskei haar
kunswerke.
Sy skep skilderye en aanvullende ontwerpe,
vir produkte of reekse van produkte, rondom temas vir spesiale
geleenthede soos troues, verjaardae, doopgeleenthede, partytjies,
herdenkings, feeste, en skoolopvoerings of kermisgeleenthede. Mari kan
byvoorbeeld die agtergrondpanele verf vir skole se opvoerings.
Sy skep ook vir bruide 'n reeks ontwerpe vir
talle items by die troue en onthaal rondom temas soos vlinders, duiwe,
blomme, die strand, rose, musiek en so meer. Weens werksdruk kan Mari
ongelukkig eers weer in Oktober/November 2006 nuwe projekte aanvaar vir
bruidskeppings en troues, maar besoekers is welkom om nou al besprekings
vir bestellings te maak.
Sy kan pragtige skilderye vir kinderkamers
verf in die tema wat by die kamer pas, soos feetjies, lappoppe,
troeteldiere, skoenlappers en singende voëltjies vir dogtertjies en
temas soos seediere, leeus, narre en seilbote vir seuns.
Haar skilderye maak ideale geskenke, veral
omdat sy rondom die persoon vir wie die geskenk gaan, se belangstellings
die skildery kan skep. Dus, vir daardie dametjie wat so baie lief is vir
skattige katte, kan sy 'n pragtige skildery skep met oulike,
kerjakkerende katjies. En dan sommer ook nog 'n meegaande bypassende
verjaardagkaartjie. Dalk vir boetman 'n oulike skildery met iets soos
lugballonne of 'n mooi seetoneel.
Mari kan ook pragtige kamerskeidings skilder
vir ekstra groot vertrekke, voorportale van kerke of sale of
kantooringange, met temas soos oerwoude, die natuur en berge, of selfs
iets rondom bepaalde belangrike herdenkings vir Paasfees, Kersfees,
Moedersdag, Vadersdag of ander soortgelyke geleenthede.
Miskien is u 'n skrywer op soek na 'n
besonder ontwerp vir u nuwe boek se voorblad of omslag. Mari hoor graag
van u.
Die pragtige, veelkleurige skilderye wat
Mari skep, verleen 'n spesiale stemming in voorportale of ontvangslokale
by besighede of kantoorgeboue, maar dit is natuurlik by plekke soos
woonhuise, gastehuise en pragtige herehuise waar haar werk ook in enige
vertrek die oog sal trek. Mari van der Walt se diens en produkte is 'n
aanwins vir binnehuisversierders en sy help graag met die ontwerp en
skep van temas, vir bv. baba-, kleuter- of kinderkamers, vakansiehuise,
aftree-oorde se gemeenskaplike areas of selfs kleuterskole of
restaurante.
Die ontwerpe kan eers op papier voorgelę
word, as dit so verkies word. Verskeie opsies vir raamwerk, al dan nie,
is beskikbaar.
Die kunswerke word wel, op versoek, na
Internasionale bestemmings (buite Suid-Afrika) verskeep.
|
|
 |