God se Heerlikheid
Uitstalling 24 September 2008
Mari beplan ‘n kunsuitstalling in Hennenman, waartydens haar
skilderye opgeveil gaan word. Die uitstalling is meerdoelig.
Tema van kunsuitstalling: God se Heerlikheid.
Visie:
Om met toewyding die opdrag van Christus aan sy kerk uit te voer,
nl. om die evangelieboodskap uit te dra na elke mens binne die
geografiese grense van ons dorp.
Missie:
Om alle lidmate van ons gemeente toe te rus vir hulle dienswerk,
sodat die volle potensiaal van elkeen sodanig bereik sal word
en gevolglik dat ons ons roeping met onderskeiding vervul.
Datum: 24 September 2008
Tyd: Die geleentheid word voorlopig beplan vir ongeveer 11 uur, maar sal nog later
gefinaliseer word. Skakel gerus vir meer
inligting
Plek: Gemeenskapsaal te Hennenman
Daar gaan verversings wees (heerlike vingerhappies en
vrugtesap)
Die fondse word gerig aan Wêreld Wye Evangelisasie en veral
plaaslike barmhartigheid in die omgewing.
Die program behels die opveil van Mari se skilderye,
'n toespraak in verband met evangelisasie en sluit ook koordanse
in.
Stuur gerus 'n eposnavraag vir meer inligting, of skakel
Michelle Pretorius by Tel: 084 528 3830. Kaartjies kan ook by
haar bekom word.
U meelewing,
ondersteuning en deelname aan hierdie pragtige projek in
Hennenman is noodsaaklik om die doelwitte te laat slaag.
Eposnavrae kan deur ons navraagvorm gestuur word, of skakel:
Michelle Pretorius
Tel: 084 528 3830
Wêreldwye Evangelisasie
AGS Hennenman |